Thursday, April 10, 2014

Sondag, 30 Maart 2014 Byeenkoms

Algemene kommunikasie

  • Die volgende byeenkoms se datum gaan moontlik skuif.  Kobus sal nog dit verder kommunikeer.
  • PEN se stadstoere is gereël vir 1 April (aand toer 18:00 – 21:00) en 12 April vir gesinne.  Jacques sal inligting stuur aan die wat aangedui het dat hulle belangstel.
  • As daar spesifieke temas is waarvoor daar `n behoefte is om te bespreek of as daar sprekers aanbeveel kan word moet inligting aan Kobus deurgegee word.
  • Opkomende aktiwiteite:Kinderhuis kamp: 25 Apr – 4 Mei
  • Henk se Suid Oos Asia besoek: 16 – 28 April

Voorlegging

Ansie van Wycliffe / The Seed Company 

  •   Ansie het haar pad met ons kom deel asook inligting oor die organisasie waaroor sy werk.
  • Nadat sy haar graad ontvang het en `n 5 jaar suksesvolle loopbaan gehad het in omgewings impakstudies en self verder nagraads gestudeer het, het sy besef daar is `n leemte in haar hart vir meer.
  • Sy het “World Perspective” kursus gedoen en om `n besoek aan Thailand het haar hart gebreek vir die verlore mense wie se soeke na `n godheid eintlik tot niks kom nie.
  • Na verskeie gesprekke met JP en na `n besoek aan Indië het sy besluit om 2010 `n ‘sabbatical’ te vat en betrokke te raak by YWAM.  Dit was `n groot stap meer het reeds God se voorsiening gesien rondom die stoor van haar meubels, afbetaal van haar motor en finansiële voorsiening.
  • Jan 2010 vertrek sy na Madras/ Chanai vir omtrent 6 maande. In die tyd het sy baie geleer van self dissipline, baie bybelstudie gedoen en baie opgeoffer.  Toe sy terugkeer was die ‘reverse culture shock’ en sy het gesukkel om weer aan te pas.
  • Ansie het besluit om `n bybelskool in Uganda by te woon vir 9 maande.  Sy het dit moeilik gevind om met die plaaslike mense te ‘bond’ maar het hegte verhouding omgebou met die ander spanlede uit Europa en Amerika en dit was hartseer om hulle te verlaat.  Dinge het op stadiums baie rof geraak en sy wou net terugkom maar het uit gehoorsaamheid aan God vasgebyt en besef sy kry dinge reg wat sy nooit gedink het sy sou ooit kon nie.
  • Met haar terugkeer het sy weer ‘perspectives of a world Christians’ (wat nou ‘passage to purpose’ is) gedoen en besef sy moet by Wycliffe betrokke raak.
  • Wycliffe is `n internasionale organisasie met verskeie afdelings (besoek gerus www.wycliffe.org ) met `n misie om die Bybel in elke taal te vertaal.  Hul is geinspireer deur Openb. 7:9 “Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan.”
  • Daar is sowat 7 000 tale en neet 500 taal groepe het die hele Bybel en ongeveer 2 000 tale het nie eers een vers in hul taal nie.
  • Mense bly dus afhanklik van ander om vir hul die Bybel te vertaal of oor te vertel.
  • Om die Bybel in hul eie taal te hê bring hul nader aan God, gee hul meer eie waarde, help met die sending proses en help om verkeerde doktrine te weerlê.
  • Ansie se pad sy Wycliffe is nie heeltemal duidelik nie en daar is verskeie projekte waarby sy betrokke kan raak, bv “Orality” – dit is `n projek om die Bybel in hoorbare vorm aan mense te bied deur Bybel voorlesings, vergelykings en Bybel verhale.  Daar is kulturele aanpassing per land.  Besoek gerus www.theseedcompany.org
  • Tussen Uganda en Brasilië het sy `n jaar en `n half by Jacques en Jana bely en geleer van die belangrikheid van ondersteuning, ons interafhanklikheid in die liggaam van Christus en moes leer om hulp te vra.  Sy het `n paar gesondheidsprobleme gehad wat haar baie afhanklik gemaak het van ander.
  • Ansie was 6 maande in Brasilië om Portugees te leer in voorbereiding vir Angola.  Die grootste uitdaging was al die goggas en dat haar behoefte aan onafhanklikheid baie getoets is.  Sy het geleer (en in steeds besig) oor hoe om als in God se perspektief te sien.
  • Terwyl sy in Brasilië was het `n span lid aan haar vertel dat haar suster wat in Afrika sending werk doen, na Johannesburg geneem is vir mediese hulp.  Sy het vertel hoe baie hulp en ondersteuning haar familie gekry het van Suid Afrikaners in hierdie tyd. Ansie het besef dat ons in Gauteng baie strategies geplaas is en dat ons op `n baie groter manier betrokke kan raak by sending in Afrika sonder om rêrig eers uit Gauteng te gaan, en motiveer elkeen om betrokke te raak op watter manier ook al.
GEBEDSVERSOEK:  Ansie vertrek 1 Mei na Angola saam met YWAM en vra vir gebed vir al die reëlings, vir haar gesondheid en die aanleer van Portugees.

Terugvoer van onlangse uitreike

JP & Rita se eerste maand in Bulgarye

  • Kobus het `n gesprek via Skype opgestel met JP en Rita.  Als gaan bie goed. Dit is net nog koud en daar was baie herstelwerk gedoen in en rondom die huis.
  • Hulle is besig met aansoek vir `n permanente Visa wat die hele EU vir hul sal oopmaak.  `n “Unabridged Marriage Certificate” is nodig van Suid Afrika.  Hulle het kontak gemaak met `n baie behulpsame persoon in buitelandse sale en hoop dat als in plek sal kom in die periode wat hul nou in Bulgarye is.
  • Rita se arm is steeds seer en het selfs vererger.  `n Plaaslike doktor het vir haar `n stut gegee om te dra en voorgeskryf dat sy die arm moet rus, want baie moeilik is en `n paar uitdagings veroorsaak, maar JP help baie en van die plaaslike mense dra self al etes aan om te help.
Gaan kyk ook gerus na  Rita se blog
GEBEDSVERSOEKE:
  • Dat die Visa proses maklik en vinnig sal verloop
  • Dat Rita se arm en gewrig baie gou sal herstel en volkome sal genees

Elizebeth Jordaan se besoek aan Irak 

  • Sy het kom vertel van hul besoek aan Irak om te bid vir die ou Assiriese grondgebied (wat Iran, Irak en Turkye insluit).
  • Agtergrond oor die gebied en geestelik landskap: Satan probeer net soos God `n seun verwek.  Hy gebruik mense om dit probeer regkry.  Baie volke het torings, tempels en ondergrondse aanbiedings plekke opgerig vir afgodsdiens.  Die gebied is baie plat en dus is die mensgemaakte berge/ torings/ tempels van ver af sigbaar.  Die doel was om in te tree met gebed en die Christelike gemeenskap te leer om in die ‘gap’ te staan en te bid teen die ‘spiritual high grounds’ wat opgerig is.
  • 40 jaar na Christus is hier `n sterk gelowige gemeenskap opgerig en word steeds vandag opgemerk maar die gelowiges is baie vreesbevange en passief as gevolg van al die afgodsdiens aktiwiteite wat self tot in die kerk ingewerk het.
  • Elizabeth het genoem dat daar geweldige hoë vlak van seksuele immoraliteit en onreinheid heers in die gebied en tydens `n diens was daar baie bevryding gedoen onder gemeentelede waar hul besoek afgelê het.
  • Sy het 12 klippies uit Suid Afrika saam met haar geneem om die om plekke in Irak te plaas as profetiese teken dat die klippe God se naam sal verheerlik as die mense dit nie doen nie.  Sy kon nie baie rondreis nie en het dus die klippies onder gemeentelede uitgedeel om dit in die middel van hul dorpe te gaan plaas.  Daar het alreeds getuienis ingepak van mense wat meer openheid en vrymoedigheid in hul dorpe beleef het om God se woord te deel.
  • Elizabeth het ook gedeel dat dit tyd geraak het dat die gelowiges nie meer net kinders van God sal wees die maar sal opgroei om seuns van God te wees.  (Rom 8:19) Dit is tyd dat ons volwasse gelowiges sal word wat outoriteit neem en nie net meer kinders is wat sit en ontvang nie.
GEBEDSVERSOEK: bid asseblief vir die reëlings, insig en voorsiening vir hul besoek aan Bagdad einde van die jaar.

Monday, March 3, 2014

Sondag, 23 Februarie 2014 : PEN Voorlegging



Algemene kommunikasie:
-          Kobus nooi almal uit om na die blog te gaan kyk KF24.blogspot
Maandblaadjie:
-          Kobus het genoem dat hul graag `n maandblaadjie wil uitgee wat die verskillende aktiwiteite binne en buite die gemeente uitlig.
-          Almal moet asb hul inligting deurstuur van uitreike en projekte wat gehou word in die komende maand.
PEN:
Jacques het kontak gehad met PEN en dames genooi om te kom gesels ook hul aksies
Hy het uit Esra 1 gelees en genoem dat God  selfs heidene gebruik om sy werk te doen en nooi elkeen uit om hul goed, geld, jou tyd en selfs jouself te gee vir God se werk – gebruik die geleentheid om weer jou teleskoop in te stel.

Sharain en Elaine van PEN is aan ons voorgestel
Die Tema van haar voorlegging is:“Kom leer saam”
  •         Wat is jou storie en wat leer jy uit jou omgewing
  •         PEN staan vir: Participate, Empower, Navigate
  •          PEN se doel: Ignite change, nurture togetherness, heal community
  •         Sunnyside Faith Community (Bronberg centre) is die deel waar ons die meeste betrokke kan raak – hul het verskeie onder afdelings, bv:
-          Community Outreach
o  meestal in werkstyd
o  moontlik `n nag toer vir blootstelling
o  groot behoefte vir mansklere
-          Ignite Education Centre
o   Hulp word benodig met toebroodjies en toesig vir die kinders by die leesprojek (80-100 kinders)
o   Benodig subsidiëring van die matriek opgraderings projek
-          PEN Youth Program
o   Bible Clubs: deur die week met 20 - 80 kinders op `n slag – ‘groepie leiers’ nodig om te help met aanbiedings
o   Bible bash: Woensdae middae 100 – 120 jeug op `n slag – wonderlik om dt by te woon vir blootstelling
o   Kampe: naweek en 5 dae kampe – geleentheid vir gesinne om betrokke te raak as kook span vir die kamp en voorbeeld te wees van gesonder gesin

  •  Enige organisasie wat finansieel betrokke raak kan 18A brief kry vir belastingdoeleindes. PEN is ook oop en gewillig om as BEE vennoot op te tree vir besigheids geleenthede
  • Om betrokke te raak stuur epos aan info@pen.co.za Anita Botha koördineer die vrywilligers en sal meer inligting kan gee oor spesifieke projekte en besonderhede oor betrokke raak
  • `n Stadstoer word beplan:
o   2 aparte geleenthede: een Dinsdag aand, een Saterdag oggend
o   Gaan 2-3 ure neem
o   PEN se bussie/s kan gehuur word, vat 10 of 27 mense
o   Mense moet moontlik datums op bord skryf

Terugvoer sessie:
  • Kinderhuis Kuier: die vorige een 14 Feb het baie goed gegaan.  Hanneke sal volgende kuier se datum bevestig en deurstuur vir almal
  • Ouetehuis verf: daar is verskeie praktiese uitdagings, gaan dalk eers later gebeur
  •           Uitreik in Pretoria stad: vat hande met PEN en raak so betrokke
  •           Kar wag interaksie: daar `n paar getuienisse maar almal word steeds gevra om so ook uit te reik
  •           ‘World prayer life’: gesprek is gevoer ook die impak wat dit het in bepaalde lande maar ook die impak op die persoon wat bid.  Almal word gevra om meer aktief betrokke te raak 

 JP het ter afsluiting gesels oor: raak betrokke, stel jou teleskoop in elke keer as jy betrokke raak om jou spesifieke plek te vind en vra elke keer ‘wat kan ek bydra’, dalk geld, dalk tyd dalk `n meer voltydse betrokkenheid

Sondag, 26 Januarie : Hoe vind ek my roeping?

Tema
  1. Om te gesels oor riglyne van hoe mens 'n pad kan stap om jou plek in God se koningryksplan te vind. 
  2.  Om aksies te beplan ten einde aktief betrokke te raak om God se liefde uit te dra.

Riglyne om jou plek in God se koninkryksplan te vind:

JP het die volgende gedeel:

Have a world prayer life

Serve in other people's Ministries

Join a Caravan of like minded people

Go on short term outreaches



Beplande aksies om God se liefde uit te dra

As voorbeeld van hoe mens 'n impak kan hê op ander mense se lewens is daar na die volgende 3 video snitte gekyk:


Project Daniel - Not Impossible's 3D Printing Arms for Children of War-Torn Sudan

Camp (2013) movie trailer: This is the trailer for the movie "Camp" based on the real life experiences of Royal Family Kids Camp leaders and counselors.

Camp (2013) movie epilogue: Interviews with counselors that attended the actual camp.

Na verskeie voorstelle op die tafel gesit is en na beraadslaging gevoer is, is daar besluit om die volgende 3 aksies van uit die Aktiwiteitsplatform te loods:

Aksie Beskrywing Koordineerder
Kinderhuis kinders Spandeer tyd met kinderhuis kinders van Jakaranda kinderhuis om aan hulle liefde en persoonlike aandag te gee Hanneke van Tonder
Ouetehuis verf Uitverf van 'n ouetehuis in Danville Lizet Bodenstein
Haweloses in middestad Uitreik na haweloses in die middestad van Pretoria. Beplan om saam te werk met 'n bestaande bedienning soos PEN wat reeds in die middestad werksaam is. Jacques du Preez
Jakes Joubert