Thursday, April 10, 2014

Sondag, 30 Maart 2014 Byeenkoms

Algemene kommunikasie

  • Die volgende byeenkoms se datum gaan moontlik skuif.  Kobus sal nog dit verder kommunikeer.
  • PEN se stadstoere is gereël vir 1 April (aand toer 18:00 – 21:00) en 12 April vir gesinne.  Jacques sal inligting stuur aan die wat aangedui het dat hulle belangstel.
  • As daar spesifieke temas is waarvoor daar `n behoefte is om te bespreek of as daar sprekers aanbeveel kan word moet inligting aan Kobus deurgegee word.
  • Opkomende aktiwiteite:Kinderhuis kamp: 25 Apr – 4 Mei
  • Henk se Suid Oos Asia besoek: 16 – 28 April

Voorlegging

Ansie van Wycliffe / The Seed Company 

  •   Ansie het haar pad met ons kom deel asook inligting oor die organisasie waaroor sy werk.
  • Nadat sy haar graad ontvang het en `n 5 jaar suksesvolle loopbaan gehad het in omgewings impakstudies en self verder nagraads gestudeer het, het sy besef daar is `n leemte in haar hart vir meer.
  • Sy het “World Perspective” kursus gedoen en om `n besoek aan Thailand het haar hart gebreek vir die verlore mense wie se soeke na `n godheid eintlik tot niks kom nie.
  • Na verskeie gesprekke met JP en na `n besoek aan Indië het sy besluit om 2010 `n ‘sabbatical’ te vat en betrokke te raak by YWAM.  Dit was `n groot stap meer het reeds God se voorsiening gesien rondom die stoor van haar meubels, afbetaal van haar motor en finansiële voorsiening.
  • Jan 2010 vertrek sy na Madras/ Chanai vir omtrent 6 maande. In die tyd het sy baie geleer van self dissipline, baie bybelstudie gedoen en baie opgeoffer.  Toe sy terugkeer was die ‘reverse culture shock’ en sy het gesukkel om weer aan te pas.
  • Ansie het besluit om `n bybelskool in Uganda by te woon vir 9 maande.  Sy het dit moeilik gevind om met die plaaslike mense te ‘bond’ maar het hegte verhouding omgebou met die ander spanlede uit Europa en Amerika en dit was hartseer om hulle te verlaat.  Dinge het op stadiums baie rof geraak en sy wou net terugkom maar het uit gehoorsaamheid aan God vasgebyt en besef sy kry dinge reg wat sy nooit gedink het sy sou ooit kon nie.
  • Met haar terugkeer het sy weer ‘perspectives of a world Christians’ (wat nou ‘passage to purpose’ is) gedoen en besef sy moet by Wycliffe betrokke raak.
  • Wycliffe is `n internasionale organisasie met verskeie afdelings (besoek gerus www.wycliffe.org ) met `n misie om die Bybel in elke taal te vertaal.  Hul is geinspireer deur Openb. 7:9 “Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan.”
  • Daar is sowat 7 000 tale en neet 500 taal groepe het die hele Bybel en ongeveer 2 000 tale het nie eers een vers in hul taal nie.
  • Mense bly dus afhanklik van ander om vir hul die Bybel te vertaal of oor te vertel.
  • Om die Bybel in hul eie taal te hê bring hul nader aan God, gee hul meer eie waarde, help met die sending proses en help om verkeerde doktrine te weerlê.
  • Ansie se pad sy Wycliffe is nie heeltemal duidelik nie en daar is verskeie projekte waarby sy betrokke kan raak, bv “Orality” – dit is `n projek om die Bybel in hoorbare vorm aan mense te bied deur Bybel voorlesings, vergelykings en Bybel verhale.  Daar is kulturele aanpassing per land.  Besoek gerus www.theseedcompany.org
  • Tussen Uganda en Brasilië het sy `n jaar en `n half by Jacques en Jana bely en geleer van die belangrikheid van ondersteuning, ons interafhanklikheid in die liggaam van Christus en moes leer om hulp te vra.  Sy het `n paar gesondheidsprobleme gehad wat haar baie afhanklik gemaak het van ander.
  • Ansie was 6 maande in Brasilië om Portugees te leer in voorbereiding vir Angola.  Die grootste uitdaging was al die goggas en dat haar behoefte aan onafhanklikheid baie getoets is.  Sy het geleer (en in steeds besig) oor hoe om als in God se perspektief te sien.
  • Terwyl sy in Brasilië was het `n span lid aan haar vertel dat haar suster wat in Afrika sending werk doen, na Johannesburg geneem is vir mediese hulp.  Sy het vertel hoe baie hulp en ondersteuning haar familie gekry het van Suid Afrikaners in hierdie tyd. Ansie het besef dat ons in Gauteng baie strategies geplaas is en dat ons op `n baie groter manier betrokke kan raak by sending in Afrika sonder om rêrig eers uit Gauteng te gaan, en motiveer elkeen om betrokke te raak op watter manier ook al.
GEBEDSVERSOEK:  Ansie vertrek 1 Mei na Angola saam met YWAM en vra vir gebed vir al die reëlings, vir haar gesondheid en die aanleer van Portugees.

Terugvoer van onlangse uitreike

JP & Rita se eerste maand in Bulgarye

  • Kobus het `n gesprek via Skype opgestel met JP en Rita.  Als gaan bie goed. Dit is net nog koud en daar was baie herstelwerk gedoen in en rondom die huis.
  • Hulle is besig met aansoek vir `n permanente Visa wat die hele EU vir hul sal oopmaak.  `n “Unabridged Marriage Certificate” is nodig van Suid Afrika.  Hulle het kontak gemaak met `n baie behulpsame persoon in buitelandse sale en hoop dat als in plek sal kom in die periode wat hul nou in Bulgarye is.
  • Rita se arm is steeds seer en het selfs vererger.  `n Plaaslike doktor het vir haar `n stut gegee om te dra en voorgeskryf dat sy die arm moet rus, want baie moeilik is en `n paar uitdagings veroorsaak, maar JP help baie en van die plaaslike mense dra self al etes aan om te help.
Gaan kyk ook gerus na  Rita se blog
GEBEDSVERSOEKE:
  • Dat die Visa proses maklik en vinnig sal verloop
  • Dat Rita se arm en gewrig baie gou sal herstel en volkome sal genees

Elizebeth Jordaan se besoek aan Irak 

  • Sy het kom vertel van hul besoek aan Irak om te bid vir die ou Assiriese grondgebied (wat Iran, Irak en Turkye insluit).
  • Agtergrond oor die gebied en geestelik landskap: Satan probeer net soos God `n seun verwek.  Hy gebruik mense om dit probeer regkry.  Baie volke het torings, tempels en ondergrondse aanbiedings plekke opgerig vir afgodsdiens.  Die gebied is baie plat en dus is die mensgemaakte berge/ torings/ tempels van ver af sigbaar.  Die doel was om in te tree met gebed en die Christelike gemeenskap te leer om in die ‘gap’ te staan en te bid teen die ‘spiritual high grounds’ wat opgerig is.
  • 40 jaar na Christus is hier `n sterk gelowige gemeenskap opgerig en word steeds vandag opgemerk maar die gelowiges is baie vreesbevange en passief as gevolg van al die afgodsdiens aktiwiteite wat self tot in die kerk ingewerk het.
  • Elizabeth het genoem dat daar geweldige hoë vlak van seksuele immoraliteit en onreinheid heers in die gebied en tydens `n diens was daar baie bevryding gedoen onder gemeentelede waar hul besoek afgelê het.
  • Sy het 12 klippies uit Suid Afrika saam met haar geneem om die om plekke in Irak te plaas as profetiese teken dat die klippe God se naam sal verheerlik as die mense dit nie doen nie.  Sy kon nie baie rondreis nie en het dus die klippies onder gemeentelede uitgedeel om dit in die middel van hul dorpe te gaan plaas.  Daar het alreeds getuienis ingepak van mense wat meer openheid en vrymoedigheid in hul dorpe beleef het om God se woord te deel.
  • Elizabeth het ook gedeel dat dit tyd geraak het dat die gelowiges nie meer net kinders van God sal wees die maar sal opgroei om seuns van God te wees.  (Rom 8:19) Dit is tyd dat ons volwasse gelowiges sal word wat outoriteit neem en nie net meer kinders is wat sit en ontvang nie.
GEBEDSVERSOEK: bid asseblief vir die reëlings, insig en voorsiening vir hul besoek aan Bagdad einde van die jaar.